Hier is n geleentheid om jou kind se lewensvaardighede soos Kritiese Denke en Waarneming te help ontwikkel. Kom ons ontwikkel by ons kinders n ondersoekende gees en help hulle om wetenskaplik te dink en te redeneer.

Ons loots vanjaar by Laerskool Mooirivier n Wetenskap Ekspo vir leerlinge in Graad 4 en hor. Die ekspo vorm deel van die Nasionale Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes.

Dit is nie maar net nog n skooltaak nie, maar eerder n geleentheid vir u en u kind om saam n projek aan te pak wat hom/haar regtig interesseer. Die Ekspo is totaal vrywillig en dit is baie belangrik dat die kind die projek geniet en dit vir hom/haar n positiewe ervaring sal wees.

Ons hou in Julie n skoolekspo waartydens leerlinge se projekte uitgestal en beoordeel sal word. By die geleentheid sal raad en wenke aan leerlinge deurgegee word oor hoe projekte verder verbeter kan word vir die streeksekspo wat in Augustus op die NWU Potchefstroomkampus plaasvind. Uit die groep wenners word n paar projekte dan gekies om op nasionale vlak in Pretoria deel te neem.

n Projek bestaan uit vier dele naamlik:

(a) n Legger met die doel, hipotese, metodes, resultate insluitende rou data, gevolgtrekking en bronnelys.
(b) Demonstrasie van die model, apparaat of eksperiment op die tafel.
(c) Eenvoudige uitstalbord of plakkaat met die essensie.
(d) Mondelinge verdediging van die projek aan beoordelaars.

Leerlinge mag hulp ontvang, maar moet self die projek doen. Tydens die beoordeling moet die leerling alle aspekte van die projek self kan verduidelik en vrae beantwoord.

Aangeheg hierby vind u:
 

A Die amptelike Expo Guide Book
B Wenke vir die uitstalling.
C n Lys van kategorie. U kind skryf vir net een kategorie in.
D Etiese voorskrifte
E Voorbeelde van inskrywingsvorms en beoordelaarsvorms

Skakel gerus indien u enige vrae het of u kind se projek wil bespreek. Louis & Christa du Preez (Louis 082 4555 275 Christa 083 6020 668 christa@imp.co.za

       
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]