FFG BORG KRIEKETSPAN
 

Laerskool Mooirivier se o/13A-krieketspan word geborg deur FFG.  Die foto is geneem tydens die amptelike oorhandiging van die krieket-klere wat FFG geborg het.  Dirk van Schalkwyk (links op die foto) was by die oorhandiging.

Laerskool Mooirivier het tydens die Super 12-toernooi as plaatwenners uit die stryd getree.

Voor:  Abrie Kruger, Adrew Daly, JJ Alberts, Ruvan Pieters, Franco Boshoff, Boeta Claasen.

Agter:  Dirk van Schalkwyk (FFG), Marthinus du Preez, Simphiwe Motaung, Hendrik Hattingh,
Wikus Marais (kapt.), Philip Botha, Gomolemo Koena, Jackie Golden (afrigter)

 
 
SEEFF EIENDOMME (POTCHEFSTROOM) BORG HOKKIESPANNE
 
Vanjaar is SEEFF Eiendomme die hoofborg van Laerskool Mooirivier se hokkiespanne.  SEEFF is baie trots om met die skool geassosieer te word en spesifiek om deel te kon hê van die suksesgolf van die hokkiespanne.  

Enkele prestasie van die spanne is soos volg: Die o/13A-dogterspan is die Noordwesnaaswenners van die o/13 laerskole en die /14-hoërskoleliga. Die skool se o/13B seuns en dogterspanne is die Noordweswenners. Mooirivier se A-hokkiespanne is weer uitgenooi om aan die Nasionale Kampioen van Kampioene Toernooi deel te neem.  

Daar is soos in die verlede nie net gefokus op die A- en B-spanne nie, ongeveer 100 dogters het gedurende die derde kwartaal deelgeneem aan minihokkie elke Dinsdag en Donderdagmiddag.  Baie wedstryde is by die NWU-astro gespeel teen ander skole.  By Laerskool Mooirivier is daar 13 bekwame hokkieafrigters.   
 

V.l.n.r Voor: Piet van Wyk, Paul Kruger (SEEFF), Gretchen van Wyk (organiseerder)
Agter:  Chandré Grobler, Landré Halgryn, Adriaan Röntgen, Amori Liebenberg.  
(Die kaptein en kapteine van die skool se hokkiespanne) 

 
     
 
     
 
 
 

Die web is ontwerp deur GSD Potch - Die web mense... - www.gsdpotch.com

 

Ons beveel aan dat u die web tuiste besigtig met: MS IE 7+ or Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0]